Afrikaanse BoekeDie Laaste Sinjaal - Joha Booysen (R260)
Joha Booysen het as kind die tweede wêrelsoorlog eerstehands geken. Sy het grootgeword in die tyd van die haat tussen selfs bloedbroers wat van mekaar polities verskil het. Die Ossewa Brandwag wat soos ’n paddastoel opgekom het, asook blanke Nasionalisme, en dan veral, die haat teenoor Generaal Jan Smuts wat soos ’n kanker die gemeenskap vergiftig het. Sy het opgegroei tussen alles en almal. So, sy was daar!
Sy was ’n skooldogter van 13 jaar toe haar broer, Adriaan, lewend terugekom het van dioe slagveld, baie lank na die Vrede op 5 Mei 1945. En dis toe dat hy van sy sussie, ’n belofte afgesmeek het om eendag vir Suid-Afrika te vertel van hul landgenote se heldedade en beproewinge. En van oorlog!
Maar dit was ’n vreeslike belofte. Dertig jaar se navorsing lê tussen die lyne van Die Laaste Sinjaal. Dit terwyl mens allerhande werke moet doen om den brode. Vandag kan Joha vir jou ’n Duitse Messerschmitt met sy twee Daimler Benz masjiene en die Britte se ratse Spitfires se enjins presies uiteensit, net soos die van dosyne ander
vreeslike doodmaakgoed
Later jare, gewapen met ’n diploma in Joernastiek het sy by die destydse Afrikaanse Pers in Auckland Park begin werk in die dae van wyle Willie van Heerden. En die mooi dae toe Victor Ivanov(f) ook daar gewerk het, en met sy pragtige stem sommer vir die lekker deur die gange uit volle vobors geloop en sing het. So mooi! Dit is waar sy haar skryftalent ontwikkel het, en dit geslyp is tot sy die fyn balans tussen ironie en aanvaarding kon handhaaf. Dit is daardie talent wat hierdie fantastiese boek voortgebring t.
Your Shopping cart is empty! 

