Reis/TravelLied van die Kosov - Elsie Louis (R120)
As jy een van die mense is met ’n verlange na vêr plekke, met die lus, die durf en die tyd om na hierdie wonderlike land, wat vir die meeste van ons ’n magiese misterie inhou, saam met Elsie en Pa Vic op ’n onvergeetlike fietstoer te gaan, pak solank jou rugsak, vryf jou kompas blink, laat jou watersak deeglik digdrup, en oefen solank daardie lekker steil bulte buite die dorp.
Jy gaan dit alles nodig hê, maar jy gaan daardie eksotiese land se gasvryheid en wonderlike mensliewendheid, net soos hulle heerlike kos, geniet tot jy jou vinger oor die bodem sleep om net nog bietjie van dié eksotiese kos en die pragtige natuur en vrede te kan saambring.
’n Noodsaaklike handboek vir enigeen wat ’n fietstoer na enige land wil beplan, met ’n volledige lys van wat hulle alles saamgeneem het, en ook wat langs die pad weggeegooi is!
Your Shopping cart is empty! 

