Afrikaanse BoekeDie Laaste Sinjaal -- Joha Booysen (R260)
Hierdie boek is ’n liefdesverhaal, en dit is fiksie. Dit is nie bedoel as ’n geskiedkundige weergawe van die Tweede Wêreldoorlog nie, maar dit is wel gebaseer op werklike gevegte, op onbeskryflike leed, en soms vernedering, maar dis ook ’n liefdesverhaal wat ontplooi langs en tussen bloedige, waaragtige gevegte.
Verwysings na politieke figure en gebeure is net gebruik as agtergrondskepping om die verloop van die liefdesroman te begelei, en nie om standpunte te stel nie.
Sestig jaar gelede het ’n terugkerende Suid-Afrikaanse soldaat my die belofte laat maak dat ek aan ons mense gaan vertel van oorlog. En van liefde. Daarom is hierdie ’n liefdesroman.
As jy ’n naam daarin lees wat soos jou eie klink, is dit toevallig, maar glad nie vreemd nie, want dis die name van dapper soldate wat so groot in die blou lug bokant jou geskryf staan dat enigeen wat die roman lees, dit graag sy eie sal wil maak.
Daar leef nie ’n skrywer, in welke taal ookal, wat die verbeelding en vermoë besit om oorlog ten volle te beskryf nie. Dis onbeskryflik. Maar die liefde wen altyd . . . . . . . want daar is niks groter as die liefde nie. . . . . .
Your Shopping cart is empty! 

