Printing on Demand (POD)
Ons het ’n nuwe drukkery wat ons boeke doen!
Die plek wat dusvêr ons boeke gedruk het, het, om dit saggies te stel, bietjie stront aangejaag! Die laaste drie boeke was ’n totale mislukking as gevolg van swak drukwerk. Wel, hy werk nie meer met ons trotse skrywers se harde werk nie.
Ons het nou ’n gevestigde drukkery op ’n ander dorp wat verseker goeie en deeglike werk doen, en dit gaan die gevolg hê dat ons produkte weer kan saamgesels met die beste in die land! Die prys is effens hoër, maar kwaliteit kan nie verhandel word nie.
Kontak Martin of Andre nou sodat julle saam kan besluit wat om met JOU manuskrip te doen.
Dagsê al julle gefrusteerde skrywers. Ek is Martin.
Ek weet dat jy ook jouself suur sukkel om jou werk in druk te kry. Onthou, daardie Groot Uitgewers kyk net na hulle eie blou-oog kindertjies. Jy en ek tel nie by hulle nie, al is jou werk net so goed, en heel moontlik baie beter as hulle s`n.
Maar, nou gaan ons nie meer sukkel nie. Nee. Ons gaan ons boeke self uitgee via die Internet! Die koste is laag. Die wins is hoog!
Daar is mos nou AH-ZET BOEKE. Ons gaan daardie boek van jou net so hanteer soos die grotes dit doen. maar ons verkoop by `n Aanlyn Boekwinkel, en versprei ook deur boek handelaars waar ons kan. Ons drukwerk is van topgehalte.
Jy hoef nou nie meer te bekommer oor hoe jy jou boek gaan verkoop, of hoe jy daarvoor betaal gaan word nie. By ons AANLYN BOEKWINKEL word elke skrywer se verkope afsonderlik op die rekenaar geprojekteer, en daarvolgens sal die uitbetalings maandeliks gedoen word. Darem lekker om geld te maak sonder om `n vinger te verroer!
Hier is al wat jy self moet doen:
• Maak seker jou werk is oorspronklik
• Gebruik net Microsoft Word in 12 pt Times New Roman
• Skei paragrawe met `n dubbellyn opening soos die leeste twqee paragrawe hierbo
• Voeg `n Inhoudsopgawe by, asook beskrywing van boek van tot 350 woorde
• Sluit `n profiel van skrywer in ( 150 woorde)
• Voorsien skrywer se volle naam (en Skuilnaam) en kontak besonderhede
• Gaan boek drie keer stadig deur en let op na spelling!
• Kleurwerk net in kinderboeke en reisverhale (Pryse hiervoor op aanvraag)
• Ons sal kopiereg voorwaardes en © byvoeg
• Ons sal jou ISBN nommer gratis vir jou kry
• Ons sal die boek per E-pos aan jou voorlê vir goedkeuring voor ons dit druk of uitgee
• Jy het geen mander bekommernisse nie
• Nou gaan ons dit op die mark sit!!
As jy nou gereed is
KLIK HIER
Tevredenheid Gewaarborg.
By Martin en Andre is JY in veilige hande
Your Shopping cart is empty! 
