Skywers Forum

 

Veels geluk aan Petro wat gesien het dat haar pragtige boek met Inspirerende gediggies EK IS LIEF VIR U HERE . . . die tweede druk belewe.  Dit gebeur bitter min dat ’n onafhanklike skrywer daardie eer te beurt val!  Veels geluk, Petro!


NUWE VERWIKKELING!!

Ons naam gaan verander

VANAF AH-ZET NA ATOTZ

Al ons vriende, neem asseblief kennis dat ons WEBWERF se naam teen die einde van MEI gaan verander na die cerkorte atotz.co.za.  Lekker kort, né?  Dit word nog nie deur GOOGLE gedra nie, maar dit kan op die adresstrokie bo-aan die Internet bladsy ingetik word, en VOILA! dis daar.

Ek belowe om van nou af meer nuus en berigte te plaas, nou dat die kanker langs my linkeroog verwyder is, en dit besug is om pragtig te genees.  Ek dank my God daarvoor.

Nou wil ek ’n beroep doen op al ons skrywers en vriende om enige berigte, en kennisgewings wat jy belangrik genoeg ag om met ons almal te deel, na my te stuur vir plasing.  Ook alles oor jouself, jou familie, vriende asook dinge wat met jou gebeur, en jou verlangens en voorkeure.  One almal stel mos belang in mekaar!

Ja, kom ons maak saam van Skrywers Forum ’n lekker  saampraat program.

Stuur al jou goedjies deur na

andre@atotz.co.za

 

Hier is ’n paar nuwe skrywers en hulle boeke.

Anna Pauw – Papiedop.  Hierdie is ’n heerlike sage oor ’n jong meisie wat baie versperrings moes oorwin in haar pad deur die lewe.  Dit het haar ryp en ontvanklik gemaak vir ware liefde wat oor haar Pad gekom het.  ’n Heerlike verhaal wat trane na die oë gaan bring.

Pieter W. Nel – Die Rooi Baron.  Die ruimte ervaring van die jaar 2050 wanneer ruimtereise algemeen, en ruimterowers oral is.  Hierdie eerste episode van Wimpie en sy maats se ervarings gaan nog opslae maak met verdere stories uit die ruimte.  Geen jongman of meisie mag dit mis nie. 

Skrywers Kursus

 

 

Wöhlbeck

Kreatiewe Skryfkursus

Jy klim  in  jou leser se kop omdat hy wil verstaan

Jy klim in sy hart omdat hy kan identifiseer.

 

 Kopiereg 2011.  Wöhlbeck Skryfkursus.

Hierdie kursus dra kopiereg onder die BERN konvensie. In terme van die wet op Kopiereg mag niemand op enige wyse van die inhoud kopieër of versprei sonderdie skriftelike toestemming van die outeur nie.

 

Hierdie is die begin van die

Wöhlbeck Kreatiewe Skryfkursus

wat jou stelselmatig van begin tot perfeksie gaan lei,

As inleiding wil ek net verduidelik dat hierdie lyk asof dit net ’n kursus vir Kortverhaal skrywers is.  Natuurlik is dit!  Om ’n kortverhaal te skryf verg dieselfde kundigheid as om ’n novelle op papier te sit.  Of ’n roman.  Of ’n gedig.  Of ’n reisbeskrywing.  Of ’n jeugverhaal.  Of ’n kinderstorie.

 

Module 1: Wat Is ’n Kreatiewe Skryfkuns?

 

-          Hierdie module  bied aan jou die geleentheid om jou kreatiwiteit te prikkel.  Probeer om `n Shinese haiku te skryf.  Weet nie wat dit is nie?  Hierdie module sal dit aan jou verduidelik.

 

Hoe ontstaan `n skildery?  Waar en hoe word musiek gebore?  Hoe het daardie uitstekende beeld van `n beroemde persoon ontstaan?  `nKunstenaar het dit geskep.  Die kreatiewe denke, aksie en vaardighede van die kunstenaar is daarvoor verantwoordelik.

 

 

Deponeer nou R500.00 in op FNB; takkode 250655; Rekening nommer 622 8530 6257.  .  Binne twee dae gaan jou eerste lesing op jou rekenaar wees!

A tot Z se leuse is:

“Woorde wat praat met die hart.”

Voldoen jy al daaraan?

Dieselfde kursus gaan ook per slakpos  (landpos)  gedoen word vir mense wat nie Internet het nie, maar omdat skryfbehoeftes en seëls soveel duurder is, gaan daardie intekenaars meer moet betaal.   Hulle prys gaan R600.00 wees, en dieselfde voorwaardes geld.  Die adres waarheen hulle kan skryf is: 

A tot Z Boeke,

 Posbus 4383,  Astonbaai, 6332

Gee jou naam, posadres en foonommer, en ons sal jou kontak.

 

 


 


Hoe seker is jy dat dit wat jy skryf werklik jou eiendom is, en nie onwetend raak-raak aan letterdiefstal oftewel plagiaat nie?

Onthou, baiekeer lees `n ou iets in die een of ander boek of tydskrif.  Of hoor dit op die radio of die TV.  Of jy lees dit miskien op Internet.  Iets wat van belang is vir jou boek of artikel.  Pasop maat, jy is op dun ys!  Eintlik gebeur dit deesdae dikwels, want dit is mos so maklik om enigiets “na te vors” in al daardie wonderlike vorms van inligting en navorsing wat deesdae so gerieflik beskikbaar is.

Jy kan hierdie slagyster vermy deur net van dinge te skryf waarvan jy eerstehandse kennis en ervaring het.  Dan het jy mos geen navorsing nodig nie, en jy pen net jou eie idees en gedagtes neer.

Maak hierdie volgende stukkie raad die middelpunt van jou skryftegniek: In elke geval waar jy gebruik maak van `n ander ou se werk, of dit nou woorde, of uitdrukkings, beskrywings, of wat ookal is, SIT DIT IN KURSIEF, (die skuins I tussen die B en die U op bopaneel van jou PC) en noem die skrywer se naam en gee HOM krediet daarvoor.  Dit is die ordentlike ding om te doen.  Die regte een ook! Dit is baie beter om `n hele paragraaf of hoofstuk so aan te haal, as om vir plagiaat opgeskroef te word.  Dit sal verseker die einde van jou eie skryfloopbaan wees, en jy sal lank aan die onnodige EISE afbetaal.

Skryf soos jy praat, want dit is presies wat jy doen!  Jou manier van praat is uniek aan jou, en kan nooit met `n ander ou s`n verwar word nie.  As jy skryf, praat jy mos met iemand anders.  Stel jou voor dis jou beste vriend.  Praat met hom uit jou hart uit, dan sal die woorde vanself vloei, en dit sal uniek aan jou wees!

Herskryf goed waarvan jy nie seker is nie ten minste twee keer.  Dit gaan ook jou woordeskat vergroot deur dinge op `n ander manier te sê, en dit sal ook jou verteltrant meer vloeibaar maak.


A tot Z Books and Authors